Ontmoet ons Terapeute
My naam is Michelle McDonald en ek is die trotse eienaar van Michelle McDonald Spraak-Taalterapeute. Ek het my graad in 2014 verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Ek het in 2015 my gemeenskapsjaar voltooi te Job Shimankana Tabane Hospitaal in Rustenburg. In 2016 het ek teruggekeer na Pretoria. Ek het in 2016 aangesluit by ‘n pediatriese praktyk waar ek waardevolle kennis en ervaring opgedoen het. In April 2018 het ek my eie praktyk geopen.
Ek geniet dit om met jong kinders en skoolgaande kinders te werk. Dit is vir my belangrik om in ‘n multi-dissiplinêre span te werk ten einde die beste resultate vir ‘n kind te verseker. Ek maak graag gebruik van speletjies om nuwe konsepte op ‘n spelgebaseerde wyse aan te leer. Dit is vir my belangrik om saam met die ouer te werk ten einde oordrag te verseker.
My naam is Kayla Kruppa. Ek is ‘n Spraak-Taalterapeut en ek het my graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf in 2019. Ek het my Meestersgraad in 2020 voltooi. Hierna het ek besluit om my navorsingskennis verder uit te brei en het begin met my Doktorsgraad in 2023. Ek kom van ‘n klein dorp genaamd Secunda. Ek het my gemeenskapsdiens by Evander Hospitaal voltooi in 2021.
Kinders met leerprobleme, soos ADHD en disleksie het ‘n baie spesiale plek in my hart. Ek glo sterk dat hierdie kinders grootliks misverstaan word en dat hulle die wêreld kan verander met hul kreatiewe verbeeldings en denke. Ek is gebaseer by Michelle McDonald se Hartebeespoort en Brits praktyk. My werk is my passie en ek sien uit daarna om ‘n pad te stap saam met al my pasiënte en span!
My naam is Megan Gouws en ek is ’n Spraak-Taalterapeut werksaam by Michelle McDonald Spraak-Taalterapeute in Centurion. Ek het my graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf in 2022. In 2023 het ek my gemeenskapsjaar by Standerton hospital voltooi. Ek het ‘n spesiale belangstelling in taal-, artikulasie- en hakkelterapie.
My ware passie is om ’n verskil te maak in ander se lewens, om mense wat spraak- en taaluitdagings ervaar, te help om hul volle potensiaal te bereik. Ek glo almal het iets om te sê!
My naam is Astrid Swart en ek is ‘n gekwalifiseerde Spraak-Taalterapeut en
Voedingsterapeut. Ek het my graad in 2019 aan die Universiteit van Pretoria behaal. In 2020 het ek my gemeenskapsjaar in Mpumelanga by Piet Retief Hospitaal voltooi. Ek het in 2021 verhuis na Rustenburg waar ek waardevolle kennis en ervaring opgedoen het in ‘n privaat praktyk. In 2022 verhuis ek na Pretoria waar ek aan sal sluit by die Michelle McDonald Spraak-Taalterapeute span. Ek is vlot in Afrikaans, Engels en in Duits. Ek het ‘n spesiale belangstelling in vroeë kommunikasie intervensie en in voedingsterapie.
My naam is Monique Malan en ek is ‘n pediatriese Spraak-Taalterapeut. Ek het in 2017 my graad verwerf aan die Universiteit van Pretoria. In 2018 het ek my gemeenskapsjaar by Standerton Hospitaal voltooi. In 2019 het ek by ‘n privaatpraktyk aangesluit waar ek waardevolle kennis opgedoen het. In 2022 het ek op ’n deeltydse basis aangesluit by Michelle McDonald Spraak-Taalterapeute. Ek het ‘n spesiale belangstelling in artikulasie, fonologiese bewustheid, ouditiewe prosessering, lees en spelling. Ek is passievol oor spraakterapie wat unieke geleenthede vir ons as terapeute bied om op ’n spesiale manier deel te wees van ‘n kind se lewe en die uitdagings wat hulle mag ervaar. Dit is die grootste voorreg om te deel in elke klein sukses wat ’n gesiggie laat ophelder.
My naam is Chanté Pringle. Ek het my graad aan die Universiteit van Pretoria behaal in 2019 waarna ek my Meestersgraad in Augustus 2021 voltooi het. In 2021 voltooi ek my gemeenskapsjaar by Ermelo Hospitaal. Ek is baie opgewonde om aan te sluit by die Michelle McDonald Spraak-Taalterapeute span in 2022. Ek is ‘n passievolle Spraak-Taalterapeut. Ek het ‘n spesiale belangstelling in vroeë kommunikasie intervensie en pediatriese disfagie. My werk is my passie en ek voel bevoorrreg om ‘n verskil te kan maak in my pasiënte se lewens. Ek werk graag in ‘n multidissiplinêre span om te verseker dat my pasiënte hul volle potensiaal bereik.