
“Michelle is 'n uitstekende spraakterapeut wat elke sessie baie deeglik beplan. Die groei
wat in my kind plaasgevind het in 'n kort tyd is eintlik ongelooflik. My kind geniet elke sessie
baie en vertel altyd met groot opgewondenheid van al die lekker “speletjies” wat sy saam
met tannie Michelle gespeel het. Ek as ouer leer self so baie by Michelle oor hoe om my
dogtertjie te help. Michelle het 'n passie vir taal en kinders en dit weerspieël in haar werk.”
- E. Doubell 
“Ek wil vreeslik dankie sê vir al jou harde werk met ons dogtertjie. Ons kan sien hoe baie jy
vir haar doen en al die voorbereiding wat jy voor die tyd doen. Jy is 1 uit ‘n 1000!”
- N. van Der Berg 
“Ek waardeer jou vreeslik baie vir hoe baie jy vir ons seuntjie omgee en so mooi met hom
werk. Hy is altyd so opgewonde as hy weet hy gaan saam met jou werk. Hy is so lief vir jou
en hy voel ook jou liefde vir hom aan. Dankie vir die mooi manier hoe jy met hom werk, ek
waardeer dit so baie.”
- A. Smit 
“Michelle, dankie vir al jou harde werk met ons seun. Hy het groot verbetering
getoon sedert hy met terapie begin het. Hy hou van al die speletjies wat hy in terapie
kan speel. Sy onderwyseres is baie beïndruk met sy vordering tot dusver."
- Z. Skosana 
“Michelle kom ver met my Jan, want sy doen alles met liefde en oorgawe en pas haar
speletjies aan by elke unieke persoonlikheid. Dit gaan nie net oor die regte uitspraak van
woorde nie, maar ook om ‘n liefde vir ons mooi taal te kweek.
- E. Barker 
“As ek meer as 5 sterre kon gee, het ek! Michelle is ongelooflik met my 5 jarige. Ons is
skaars 6 maande by haar en my seuntjie se spraak is amper perfek. Dankie vir al jou liefde,
omgee en geduld! Jy is uitstekend!”
M. Pretorius 
Previous
Next

Vul die vorm in vir alle navrae oor ons dienste, en ons sal so gou as moontlik terugkom na u toe.
Ons beantwoord graag alle vrae en sorg dat u ‘n wonderlike ervaring by ons praktyk het.