Meer oor Michelle MCDonald

Michelle McDonald Spraak-Taalterapeute het in April 2018 geopen. Ons het ons eerste pediatriese praktyk gevestig in Hennopspark, Centurion. Die terapeute sien beide Afrikaans- en Engelssprekende leerders by die praktyk sowel as by kleuterskole en laerskole in die omgewing. In 2021 het ons ‘n tweede praktyk geopen wat die Hartebeespoort en Brits omgewing bedien. Ons terapeute in Hartebeesbeespoort en Brits spreek pasiënte by die praktyk, by laerskole, kleuterskole en by Brits hospitaal.

Ons is passievolle Spraak-Taalterapeute wat graag ‘n pad met ons pasiënte en hul families stap ten einde te verseker dat hulle meer effektief met kommunikasie deelgenote kan kommunikeer.

Het u enige vrae?

Ja, ons praktyk kan sessies by die mediese fond eis.

Kontak die praktyk om ‘n evaluasie te skeduleer. Na die evaluasie sal die terapeut u kontak om ‘n terugvoersessie te skeduleer om die resultate en die terapieplan te bespreek. Hierna sal terapie begin.

Terapie kan by die praktyk, by die kind se skool of aanlyn plaasvind.

Elke kind is uniek en elke geval is anders, maar terapie word gewoonlik een/twee keer per week geskeduleer.

Dit is ‘n moeilike vraag en ons kan hierdie vraag nie beantwoord voordat ons u kind geassesseer het nie. Sodra ons u kind geassesseer het, kan ons ‘n geskatte tydsraamwerk verskaf. Daar moet genoem word dat daar verskeie faktore is wat ‘n invloed kan hê, byvoorbeeld: woon die kind gereeld terapie by en word die huiswerk deeglik voltooi.

Die [r] klank kan ontwikkel tot en met die ouderdom van 5 jaar. Ons begin gewoonlik werk aan die korrekte produksie van die [r] klank in Julie maand in die jaar waarin u kind in graad R is. Die rede hiervoor is dat die verkeerde produksie van die [r] ‘n negatiewe invloed kan hê op die kind se ouditiewe sintese en –analise vaardighede wat die fondasie lê vir lees en spelling.

Nee! Dit is nooit te vroeg om ‘n kind vir spraak-taalterapie te verwys nie. Ons werk ook met babas om te help met voeding. Die eerste drie jaar van ‘n kind se lewe is uiters belangrik vir taalontwikkeling. Vroeë kommunikasie intervensie kan help om ‘n kind se ontwikkelingspad te verander en die uitkomste vir die kind en die gesin te verbeter.

Ouers kan terapie sien as “Die terapeut speel net met my kind – ek kan dit tuis doen”. Alhoewel ons sessies spelgebaseerd is, is ons sessies ontwikkel om verskillende doelwitte deur middel van spel aan te spreek. Volgens navorsing deur dr. Karyn Purvis, het wetenskaplikes ontdek dat dit ongeveer 400 herhalings neem om ‘n nuwe sinapse in die brein te skep, tensy dit deur middel van spel gedoen word, in welke geval dit slegs 10 tot 20 herhalings neem.

scroll-to-top