ONS DIENSTE

Hasied

Ons praktyk in Centurion werk meestal met kinders, maar ons praktyk in Brits en Hartebeespoort konsulteer ook met volwassenes. Ons Spraak-Taalterapeute kan help met

Slukprobleme

(Disfagie)

Taalafwykings

Spraakafwykings (Apraksie van spraak en disartrie)

Stemprobleme

Ons bied ons dienste aan:

 

BY DIE PRAKTYK

BY SKOLE EN KLEUTERSKOLE

AANLYNTERAPIE

Ons kan die volgende areas aanspreek:

ARTIKULASIE

Kinders wat dit uitdagend vind om spesifieke spraakklanke te produseer, byvoorbeeld ‘n [s]- of [r] klank. Dit mag uitdagend wees vir ander om u kind te verstaan en u kind kan ook gefrustreerd raak wanneer ander persone hulle nie verstaan nie.  

fonologiese patrone

Fonologiese patrone verwys na die patrone wat kinders gebruik om volwasse spraak te vereenvoudig. Familie en vriende mag dit uitdagend vind om u kind se spraak te verstaan. Die kind mag byvoorbeeld verwys na die “tat” in plaas van die “kat”. Fonologiese prosesse is steeds ouderdomstoepaslik teen die ouderdom van 3 ½ jaar, maar behoort hierna uitgeskakel te word.

TAAL

‘n Kind mag dit uitdagend vind om instruksies uit te voer en om ouderdomstoepaslike woordeskat te begryp. Die kind mag gebruik maak van kort sinne en die sinskontruksie (Die wyse waarop woorde saamgevoeg word om ‘n sin te vorm) mag moontlik nie toepaslik geag word nie. Die kind mag moontlik ook sukkel om die gebeure vanuit ‘n storie te herroep.

VROEë KOMMUNIKASIE INTERVENSIE

Vroeë Kommunikasie Intervensie is ‘n diens wat aangebied word vir kinders van geboorte tot die ouderdom van 3 jaar. Verskeie tegnieke word gebruik om nuwe woorde te ontlok en om sinslengte uit te brei. Die terapeut bied ouerleiding aan om die ouers in staat te stel om hierdie tegnieke te gebruik om nuwe woorde te ontlok tydens daaglikse aktiwiteite by die huis.

HAKKEL

U kind mag klanke, woorde of frases herhaal. Dit mag pouses in u kind se spraak tot gevolg hê en herhalings mag verder ‘n negatiewe invloed op u kind se selfbeeld hê.

OUDITIEWE PROSESSERING

Verwys na die vaardigheid om inligting te prosesseer, dit te interpreteer en betekenis te heg aan die boodskap. Hierdie vaardighede is noodsaaklik vir lees en spelling. U kind mag dit uitdagend vind om taal te vertaan ten spyte daarvan dat die kind normale bilaterale gehoor het. Die kind mag tipies sukkel om instruksies in die klaskamer te volg, die kind mag dit uitdagend vind om te diskrimineer tussen woordpare en mag verder sukkel met ouditiewe analise en ouditiewe sintese.

PRAGMATIESE VAARDIGHEDE

Pragmatiese vaardighede verwys na die sosiale gebruik van taal. ‘n Kind mag sukkel met sosiale kommunikasie – Die kind maak dalk nie oogkontak nie of sukkel om beurte te neem.

GEHOORREHABILITASIE

Nadat die kind met ‘n gehoorverlies met ‘n gehoorapparaat of met ‘n kogleêre inplanting gepas is, kan ‘n Spraak-Taalterapeut terapie bied om die kind se luister-, artikulasie- en taalvaardighede te versterk.

scroll-to-top